Tsjeggië

vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.
Spring na: navigasie, soek
Tsjeggiese Republiek
Česká republika
Vlag van Tsjeggië Wapen van Tsjeggië
Vlag Wapen
Volkslied: Kde domov můj
Ligging van Tsjeggië
Hoofstad Praag
50°05′N 14°28′O
Grootste stad Praag
Amptelike tale Tsjeggies
Regering
republiek
Onafhanklikheid

Oppervlakte
 - Totaal
 
 - Water (%)
 
78 866 km2  (114de)
Bevolking
 - [[]] skatting
 - Digtheid
 
10,25 miljoen (76ste)
130 / km2
Geldeenheid Krone (CZK)
Tydsone
 - Somertyd
+1 (UTC)
(UTC)
Internet-TLD .cz
Skakelkode +420

Die Tsjeggiese Republiek of Tsjeggië (IFA: ['ʃɛxɪˌə] of ['tʃɛxɪˌə]), Tsjeggies: Česká republika (IFA: [ˈtʃɛskaː ˈrɛpuˌblɪka]), is 'n land in Sentraal-Europa. Dit is die westelike deel van die voormalige Tsjeggoslowakye. Dit grens in die weste en noordweste aan Duitsland, in die noordooste aan Pole, in die ooste aan Slowakye en in die suide aan Oostenryk. Die hoofstad en grootste stad is Praag. Die land bestaan uit die historiese gebiede van Boheme en Morawië, asook dele van Silesië. Die Tsjeggiese Republiek is sedert 1999 lid van NAVO en sedert 2004 lid van die Europese Unie.

Kaart van Tsjeggië.

Ná die Slag van Mohács in 1526 het die Tsjeggiese lande onder die heerskappy van die Huis van Habsburg geval. Dit het later deel geraak van die Oostenrykse Ryk en Oostenryk-Hongarye.

Die onafhanklike republiek van Tsjeggoslowakye is in 1918 gevorm ná die ineenstorting van die Oostenryk-Hongaarse ryk as gevolg van die Eerste Wêreldoorlog. Ná die Ooreenkoms van München, Duitse besetting, die daaropvolgende Westerse trouebreuk in die ooreenkomste van die Verdrag van Versailles, en dankbaarheid vir die bevryding van die grootste deel van Tsjeggoslowakye deur die Rooi Leër, het die Kommunistiese Party van Tsjeggoslowakye 'n meerderheidsoorwinning (38%)[1] in die verkiesing van 1946 behaal. In 'n staatsgreep het die land in 1948 'n kommunisties regeerde staat geword. In 1968 het groterwordende ontevredenheid met die regering tot pogings gelei om die kommunistiese bewind te hervorm. Die gebeurtenisse, wat as die Praag-lente van 1968 bekend staan, is beëindig met 'n inval deur die magte van die Warskouverdraglande (met uitsluiting van Roemenië); die troepe het tot die sogenaamde Fluweelrewolusie in 1989 in die land gebly, toe die kommunistiese bewind ineengestort het. In 1993 het Tsjeggoslowakye vreedsaam in sy samestellende state, die Tsjeggiese Republiek en Slowakye, verdeel.

[wysig] Geloof

Tsjeggië, tesame met Estland, het een van die minste religieuse bevolkings in die ganse Europa. Volgens die 2001-sensus is 59% van die landsbevolking agnosties, ateïsties, nie-gelowig of 'n nie-georganiseerde gelowige, 26,8% Rooms Katoliek, en 2,5% Protestants.[2] Volgens die nuutste Eurobarometer-opname in 2005[3] het 19% van Tsjeggiese inwoners gestaaf dat hulle in 'n god glo — die laagste koers onder EU-lidlande ná Estland (16%)[4] — terwyl 50% geantwoord het dat hulle in een of ander gees of lewensmag glo en 30% gesê het dat hulle nie glo dat enige tipe van gees, god of lewensmag bestaan nie.

[wysig] Verwysings

  1. ^ http://www.libri.cz/databaze/dejiny/text/t98.html (in Czech)
  2. ^ "Obyvatelstvo hlásící se k jednotlivým církvím a náboženským společnostem (in Czech)". Czech Statistical Office. URL besoek op 2006-12-19.
  3. ^ "Eurobarometer on Social Values, Science and technology 2005 - page 11". (PDF) URL besoek op 2007-05-05.
  4. ^ "Social values, Science and Technology". (PDF) Eurobarometer: June 2005. URL besoek op 2006-12-19.

[wysig] Sien ook

Commons
Wikimedia Commons het meer media verwant aan:

Persoonlike gereedskap
Naamruimtes

Variante
Aksies
Navigasie
Gereedskap
Ander tale