28 Januarie
vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.
28 Januarie is die 28ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender. Daar volg nog 337 dae in die res van die jaar (338 in skrikkeljare).
<< | Januarie 2012 | >> | ||||
So | Ma | Di | Wo | Do | Vr | Sa |
1 | 2 | 3 | 4 | 5 | 6 | 7 |
8 | 9 | 10 | 11 | 12 | 13 | 14 |
15 | 16 | 17 | 18 | 19 | 20 | 21 |
22 | 23 | 24 | 25 | 26 | 27 | 28 |
29 | 30 | 31 | ||||
Al die dae |
Inhoud |
[wysig] Gebeure
- 1521 - Die Ryksdag van Worms word byeengeroep om Martin Luther en die Protestantse hervorming in die Heilige Romeinse Ryk te bespreek.
- 1561 - Die vervolging van Franse Hugenote word deur die Edik van Orléans opgeskort.
- 1671 - Pous Clemens X verklaar Louise Albertoni salig.
- 1675 - Vincenzo Maria Orsini (Later Pous Benedictus XIII) word Metropolitaanse aartsbiskop van Manfredonia (Italië).
- 1709 - Michelangelo Conti (later Pous Innocentius XIII) word aartsbiskop-biskop van Osimo (Italië).
- 1744 - Die Nederlandse owerheid dwing die Morawiese sendeling George Schmidt van Genadendal om die Kaap te verlaat deur hom te verbied om die doop te bedien.
- 1807 - Londen word die wêreld se eerste stad met gasbeligting.
- 1846 - Die Susan, die eerste van 19 skepe wat 4 185 kontrak-immigrante binne vyf jaar na die Kaapkolonie sou bring, kom in die Kaap aan.
- 1855 - 'n Lokomotief op die Panamaspoorweg voltooi die wêreld se eerste transkontinentale oorkruising.
- 1881 - Die Slag van Laingsnek vind plaas en genl. Piet Joubert verslaan die magte van genl. Sir George Colley.
- 1918 - Rebelle neem beheer van Helsinki en dwing die senaat van Finland ondergronds tydens die Finse Burgeroorlog.
- 1921 - 'n Simboliese graf van die Onbekende Soldaat word onder die Arc de Triomphe in Parys geïnstalleer.
- 1932 - Japannese troepe beset Shanghai in China.
- 1959 - Die Hoërskool Groote Schuur, Kaapstad, amptelik geopen deur Otto du Plessis, Kaapland se administrateur.
- 1986 - Die NASA-ruimtependeltuig, Challenger, ontplof 73 sekondes na lansering vanaf Cape Canaveral op die tuig se tiende sending. Al sewe bemanningslede sterf.
- 2002 - Astrid Lindgren, die Sweedse kinderboekskrywer wat Pippi Langkous geskep het, sterf op 94.
[wysig] Geboortes
- 1600 - Giulio Rospigliosi (later Pous Clemens IX).
- 1835 - Frans Lion Cachet, stigter van Ermelo
- 1933 - Susan Sontag, Amerikaanse skrywer en rolprentregiseur
[wysig] Sterftes
- 814 - Karel die Grote.
- 1621 - Pous Paulus V. (Geb. 17 September 1552)
- 2002 - Astrid Lindgren, die Sweedse kinderboekskrywer wat Pippi Langkous geskep het, sterf op 94.