1990
in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
1990 |
◄ | 19de eeu | ◄ 20de eeu ► | 21de eeu | ► ◄ ◄ | ◄ | 1985 | 1986 | 1987 | 1988 | 1989 | ◄ 1990 ► | 1991 | 1992 | 1993 | 1994 | 1995 | ► | ► ► |
Dae | Eeue | Geskiedenis |
![]() |
||||||||||||||||||||||||
|
Die jaar 1990 was 'n gewone jaar wat volgens die Gregoriaanse kalender op 'n Maandag begin het. Dit was die 90ste jaar van die 20ste eeu n.C. Soos ander gewone jare het die jaar 12 maande, 52 weke en 365 dae gehad.
Gebeure[wysig | wysig bron]
- 16 Januarie – In Pretoria vermoor die pedofiel Gert van Rooyen sy houvrou Joey Haarhoff en pleeg daarna selfmoord. Hy is deur die polisie gesoek in verband die verdwyning van vyf meisies tussen 1988 en 1990.
- 2 Februarie – President Frederik Willem de Klerk van Suid-Afrika ontban die African National Congress en onderneem om Nelson Mandela te bevry.
- 7 Februarie – Die Sentrale Komitee van die Sowjet Kommunistiese Party stem in daartoe om sy magsmonopolie te laat gaan.
- 10 Februarie – President F. W. de Klerk kondig aan dat Nelson Mandela die volgende dag vrygelaat sal word.
- 11 Februarie – Nelson Mandela word vrygelaat uit die Victor Verster-gevangenis, naby Paarl, Suid-Afrika, ná 27 jaar in gevangenisskap.
- 27 Februarie – Die Exxonmaatskappy word aan vyf kriminele aanklagte skuldig bevind oor hul rol in die oliebesoedelingsinsident in Alaska.
- 11 Maart – Litaue word van die Sowjetunie onafhanklik.
- 20 Maart – 'n Tornado tref Welkom en meer as 800 huisgesinne in Flamingopark, Rheederpark en Riebeeckstad word dakloos gelaat, twee mense sterf en 98 beseer.
- 21 Maart – Die voormalige Suidwes-Afrika, Namibië, verkry onafhanklikheid van Suid-Afrika, met Sam Nujoma as eerste President.
- 1 April – Transnet word gestig.
- 17 April – Die Sowjetunie stel 'n ekonomiese blokkade teen Litaue in.
- 23 April – Namibië betree die Verenigde Nasies.
- 24 April – Die Hubble-ruimteteleskoop word vanuit die Discovery-pendeltuig ontplooi.
- 22 Mei – Hereniging van Noord-Jemen en Suid-Jemen tot Jemen.
- 8 Junie-8 Julie – Die 14de FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi word in Italië gespeel, wat deur Wes-Duitsland gewen word.
- 2 Augustus – Irak val Koeweit in wat aanleiding gee tot die Golfoorlog.
- 2 September – Transnistrië verklaar eensydig sy onafhanklikheid van die Sowjetunie.
- 3 Oktober – Hereniging van die Bondsrepubliek Duitsland (BRD; Wes-Duitsland) en die Duitse Demokratiese Republiek (DDR; Oos-Duitsland): Die deelstate van die DDR sluit by die BRD aan.
- 5 November – Rabbi Meir Kahane, stigter van die verregse Kach-beweging word doodgeskiet na 'n toespraak in 'n hotel in New York Stad.
- 11 Desember – Albanië kondig aan dat hy die ontstaan van onafhanklike politiese partye sal toelaat.
- 23 Desember – Die Republiek van Slowenië stem om weg te breek van die Sosialistiese Federale Republiek van Joegoeslawië.
Geboortes[wysig | wysig bron]
- 4 Januarie – Louis Fouché, Suid-Afrikaanse rugbyspeler.
- 4 Julie – David Kroß, Duitse akteur.
- 8 Julie – Kermit Erasmus, Suid-Afrikaanse sokkerspeler.
- 17 Julie – Patrick Lambie, Springbokrugbyspeler.
- 1 Augustus – Elton Jantjies, Springbokrugbyspeler.
- 24 Oktober – Marcel van der Merwe, Springbokrugbyspeler.
Sterftes[wysig | wysig bron]
- 7 Januarie – Virginia Lee, Suid-Afrikaanse sangeres van ligte musiek (* 1927).
- 26 Januarie – Johannes du Plessis Scholtz, 'n Suid-Afrikaanse skrywer, taalhistorikus en kunsversamelaar (* 1900).
- 22 Februarie – Thomas Ochse Honiball, Suid-Afrikaanse spot- en strokiesprentkunstenaar (* 1905).
- 7 Maart – Koos Strauss, leier van die Verenigde Party en kabinetsminister (* 1900)
- 15 April – Greta Garbo, Sweedse aktrise (* 18 September 1905).
- 19 Mei – Albie Venter, Suid-Afrikaanse rolprentregisseur en -vervaardiger (* 1940).
- 2 Junie – Rex Harrison, 'n Britse verhoog- en rolprentakteur (* 1908)
- 24 Junie – Pierre de Wet, Afrikaanse rolprentregisseur, vervaardiger en skrywer (* 1909)
- 23 November – Roald Dahl, Walliese kinderverhaalskrywer (* 1916).
- 5 Desember – Peter Blum, Afrikaanse digter (* 1925).