1968
Jump to navigation
Jump to search
1968 |
◄ | 19de eeu | ◄20ste eeu► | 21ste eeu | ►
◄ ◄ | ◄ | 1963 | 1964 | 1965 | 1966 | 1967 | ◄ 1968 ► | 1969 | 1970 | 1971 | 1972 | 1973 | ► | ► ► |
Dae | Eeue | Geskiedenis | Geskiedenisportaal |
Sien ook: Kategorie:1968 |
![]() | ||||||||||||||||||||||||
![]() | ||||||||||||||||||||||||
Bouwerk begin aan die Hillbrow-toring | ||||||||||||||||||||||||
|
Die jaar 1968 was 'n skrikkeljaar wat volgens die Gregoriaanse kalender op 'n Maandag begin het. Dit was die 68ste jaar van die 20ste eeu n.C. In teenstelling met gewone jare het die jaar 366 dae en 'n 29 Februarie gehad.
Gebeure[wysig | wysig bron]
- 30 Januarie – Tydens die Viëtnamoorlog stuur Viëtkong-magte die Tết Offensief op Viëtnamese Nuwejaarsdag (Tet) van stapel.
- 31 Januarie – Nauru verkry onafhanklikheid van Australië, Nieu-Seeland en die Verenigde Koninkryk.
- 6-18 Februarie – Die tiende Olimpiese Winterspele word in Grenoble, Frankryk, aangebied.
- 24 Februarie – Die Randse Afrikaanse Universiteit in Johannesburg word amptelik geopen.
- 8 Maart – Begin van studentebetogings in Pole.
- 12 Maart – Mauritius word van die Verenigde Koninkryk onafhanklik.
- 16 Maart – My Lai-menseslagting in Viëtnam.
- 4 April – Apollo 6 word gelanseer.
- 20 April – 'n Suid-Afrikaanse Lugdiens Boeing 707 val, vlug 228, tydens opstyging vanaf Windhoek, Suidwes-Afrika, en 123 sterf.
- 23 April – Die Verenigde Koninkryk produseer hul eerste desimale munte.
- 24 April – Mauritius sluit by die Verenigde Nasies aan.
- 3 Mei – Die Sorbonne Universiteit in Parys word deur betogers beset.
- 22 Mei – Die kernkrag-aangedrewe duikboot die USS Scorpion sink met 99 mense aan boord 400 myl suidwes van die Asore.
- Junie – Bouwerk begin aan die Hillbrow-toring in Johannesburg.
- 3 Junie – Valerie Solanas skiet Andy Warhol en Mario Amaya by sy ateljee.
- 6 Junie – Senator Robert F. Kennedy sterf in 'n sluipmoordaanval deur Sirhan Sirhan.
- 1 Julie – Die kernsperverdrag word geteken.
- 25 Julie – Pous Paulus VI se sewende en laaste ensikliek, Humanae Vitae, word vrygestel.
- 21 Augustus – Bloedige beëindiging van die Praagse Lente deur troepe van die Warskou-verdragslande.
- 6 September – Swaziland word van die Verenigde Koninkryk onafhanklik.
- 24 September – Swaziland betree die Verenigde Nasies.
- 2 Oktober – Die Slagting van Tlatelolco beëindig die studentebeweging in Meksiko.
- 12 Oktober – Ekwatoriaal-Guinee word van Spanje onafhanklik.
- 12-27 Oktober – Die 19de Olimpiese Somerspele word in Meksikostad, Meksiko, aangebied.
- 4-13 November – Die derde Paralimpiese Somerspele word in Tel Aviv, Israel, aangebied.
- 5 November – Richard Nixon wen die Amerikaanse presidentsverkiesing.
- 12 November – Ekwatoriaal-Guinee word lidland van die Verenigde Nasies.
- 27 Desember – Die Amerikaanse ruimtetuig Apollo 8 voer die eerste bemande omwenteling van die Maan uit.
Geboortes[wysig | wysig bron]
- 17 Januarie – Ilja Leonard Pfeijffer, Nederlandse digter, romansier, polemikus en klassikus.
- 30 Januarie – Felipe VI, koning van Spanje.
- 5 Februarie – Marcus Grönholm, Finse beroepstydrenjaer.
- 8 Februarie – Geoff Makhubo, Suid-Afrikaanse politikus en burgemeester van die Johannesburgse Metro ten tyde van sy dood († 2021).
- 18 Februarie – Molly Ringwald, Amerikaanse aktrise.
- 2 Maart – Daniel Craig, Britse akteur, huidige James Bond.
- 4 Maart – Patsy Kensit, Britse aktrise en sangeres.
- 5 Maart – Ambrose Dlamini, tiende Eerste Minister van Eswatini († 2020).
- 6 Maart – Moira Kelly, Amerikaanse aktrise.
- 27 Maart – Sadie Frost, Britse aktrise.
- 30 Maart – Céline Dion, Kanadese sangeres.
- 8 April – Patricia Arquette, Amerikaanse aktrise en regisseuse.
- 14 April – Anthony Michael Hall, Amerikaanse akteur.
- 19 April – Ashley Judd, Amerikaanse aktrise.
- 19 April – Mswati III, koning van eSwatini.
- 7 Mei – Traci Lords, Amerikaanse fotomodel en aktrise.
- 13 Mei – Scott Morrison, 30ste Eerste Minister van Australië.
- 26 Mei – Frederik, kroonprins van Denemarke.
- 28 Mei – Kylie Minogue, Australiese aktrise en sangeres.
- 20 Junie – Tonya Kinzinger, Franse aktrise.
- 26 Junie – Jovenel Moïse, Haïtiaanse president († 2021).
- 5 Julie − Hedi Slimane, Franse modeontwerper en fotograaf.
- 11 Julie – Mark Fisher, Britse skrywer, kultuurteoretikus, filosoof en dosent († 2017).
- 12 Julie – Amy Kleinhans, Suid-Afrikaanse skoonheidskoningin, mejuffrou Suid-Afrika in 1992.
- 1 Augustus – Marco Börries, Duitse besigheidsman.
- 2 Augustus – Chanté Hinds, Suid-Afrikaanse aktrise.
- 5 Augustus – Marine Le Pen (Marion Anne Perrine Le Pen), advokaat en Franse politikus.
- 9 Augustus – Gillian Anderson, Amerikaanse aktrise.
- 17 Augustus – Helen McCrory, Engelse aktrise († 2021).
- 25 Augustus – David Alan Basche, Amerikaanse akteur.
- 12 September – Kees van der Staaij, Nederlandse juris en politikus.
- 17 September – Anastacia Lyn Newkirk, Amerikaanse popsangeres en liedjieskrywer.
- 25 September – Will Smith, Amerikaanse akteur en rapper.
- 28 September – Mika Häkkinen, Finse motorrenjaer.
- 17 Oktober – Thom Edward Yorke, hoofsanger van die Radiohead, kunstenaar.
- 22 Oktober – David Maynier, Suid-Afrikaanse politikus.
- 2 Desember – John Ajvide Lindqvist, Sweedse skrywer, illusionis en stand-up-komediant.
- 2 Desember – Lucy Liu, Amerikaanse aktrise.
- 18 Desember – Casper Van Dien, Amerikaanse akteur.
- 23 Desember – Manuel Rivera-Ortiz, Amerikaanse fotograaf.
Sterftes[wysig | wysig bron]
- 7 Januarie – Prof. J.L.B. Smith, 'n Suid-Afrikaanse igtioloog wat die Selakant ge-identifiseer het(* 1897).
- 10 Januarie – Dr. Eben Dönges, aangewese Staatspresident van Suid-Afrika (* 1898).
- 16 Februarie – Gert van den Bergh, Suid-Afrikaanse akteur (* 1920).
- 27 Maart – Joeri Gagarin, 'n Rus en die eerste mens wat om die aarde gewentel het, (* 1934).
- 1 April – Lev Davidovich Landau, Russiese fisikus (* 22 Januarie 1908).
- 4 April – Dr. Martin Luther King Jr., burgerregte aktivis, geskiet in 'n sluipmoord by die Lorraine Motel in Memphis, Tennessee, VSA (* 1929).
- 7 April – Jim Clark, Skotse F1-motorrenjaer (* 1936).
- 16 April – Edna Ferber, Amerikaanse skrywer (* 15 Augustus 1885).
- 17 April – Mikro (die skuilnaam van Christoffel Hermanus Kühn), bekende Afrikaanse skrywer (* 1903).
- 14 Mei – Husband Kimmel, Amerikaanse admiraal (* 1882).
- 1 Junie – Helen Keller, Amerikaanse skryfster, aktivis en dosent (* 1880).
- 24 Junie – Eric Hendrik Louw, diplomaat en politikus (*21 November 1890).
- 1 Oktober – Romano Guardini, Duitse katolieke priester, teoloog en filosoof (* 1885).
- 13 Oktober – Bea Benaderet, Amerikaanse aktrise (* 1906).
- 6 November – Charles Munch, Franse simfoniedirigent en violis (* 1891).
- 25 November – Enid Blyton, Britse outeur van Noddy, Famous Five en Secret Seven (* 1897).
- 20 Desember – John Steinbeck, Amerikaanse skrywer (* 1902).
- 30 Desember – Trygve Lie, 'n Noorse politikus, diplomaat en die eerste sekretaris-generaal van die Verenigde Nasies (* 1896)